Gert Koevert

Back to Artists page


 

Gert Koevert

 

Bespreek Gert Koevertanita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869

 

iTunes Gert Koevert

 

Geseeld Gert Koevert

 

Van kleins af was ek mal oor die oldies. Neil Diomand, CCR, Van Morrison, the Beatles, Bob Dylan en Bruce Springsteen was en is tot vandag toe nog my gunstellinge. Ek het nog altyd van die energie en opregtheid van daai musiek gehou. Musiek wat nog woorde gehad het, iets om te se, n boodskap met akoestiese en elektriese kitare…ja dit was musiek wat met die siel gepraat het. So saam met daai oldies wat ek so graag live perform is daar ook n paar oorspronklikke splinternuwe songs soos Hartenbos, Sorry my Baby, Naamloos, Jy’s die een, Meisie van die nag en Vreemde Taal wat die mense op die dansbaan hou. My show het so ietsie van als. Van die rustige balades tot goeie old time rock and roll. Ek probeer om dit altyd so lewendig en vermaaklik as moontelik te hou. Daarom wissel ek my show af met akoestiese en elektriese kitare, mondfluitjie en kry ek die crowd om so nou en dan saam met my die mic te deel. Dit moet lekker raak, sommer baie lekker!! Dan eers is ek happy! Sing-alongs saam met my kitaar, balades en dan die lekker party musiek wat almal op die dansvloer kry en laat saam sing. As ek nie nat gesweet is na n show nie dan was dit nie n show nie! So gaan luister na die paar van my songs op die Download page, en as jy daarvan hou kan jy my oorweeg vir jou volgende funksie. Jy kan my book vir enige van die volgende fuksies: Privaat partytjies Korporatiewe funksies Skoue Danse Skool fondsinsameling Restuarante en Kuier plekke Verjaardag partytjes Troues

 

Gert Koevert

 

Bespreek Gert Koevertanita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869