Wouter van de Venter

Back to Artists page


 

Wouter van de Venter

 

Bespreek Wouter van de Venteranita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869

 

iTunes Wouter van de Venter

 

Sonder Jou Wouter van de VenterDonkerkant Wouter van de VenterOm Te Breyten Wouter van de VenterLive at the Performer Theatre Ses SnareSA Blues Breakers Wouter van de Venter

 

Uit die pen van die skrywer WOUTER VAN DE VENTER het vele kunstenaars onder andere : Dozi, theuns Jordaan, Laurika Rauch, Pieter Smith, Jaco Labuschagne, Sarah Theron, Christiaan Kritzinger, Wynand Strydom en ander van hierdie besondere liedjie skrywer se musiek gesing en opgeneem... Na skool het hy musiek gaan swot, Uitvoerende kunste, ligte musiek en Jazz. Hy was in die hemel. Pretoria Technicon, Kerkstraat Kampus, in die middel van die groot marches 1991. Rassisme kon hy nooit verstaan nie want die hotste muso is al wat hy nagestreef het en glo hom as hy se hulle was almal witwarm. Hy het kitaar gespeel en rock & roll is al wat hy wou doen. Hy het so lank as wat hy kan onthou liedjies geskryf. Liedjies soos “My lam” en sy eerste en enigste politieke liedjie “ Ou Maat” was goed geondersteun deur RSG. Hy word ook gevra om aan die 10 jaar reunie van die “Voelvry” beweging deel te neem by Kaktus KKNK. Hier tree hy vir die eerste keer voor en saam met sy HERO’S op. Koos Kombuis, Valiant Swart, Kerkorrel ens… Hy sal dit nooit vergeet nie. Op min of meer dieselfde tyd kruis sy pad met Anton Goosen & Laurika Rauch. Anton het hom gevra of hy wil deelneem aan die “ Om te Breyten” projek. Kies n Breyten gedig en toonset hom. Hy het die gedig “ Ballade van ontroue bemindes” gevat en op n bietjie van n rock beat getoonset. Voor hy hom weer kon kry staan hy met sy groot ghoeroe Anton aan sy linkerkant en niemand minder as Breyten homself aan sy regterkant. Hy en Clinton Waring van Steve se “ Dis hoe dit is” faam speel saam. Hy het vir Clinton op technikon ontmoet en die twee en die girl met die goue stem Nianell, was groot pelle en is nogsteeds. Terwyl hy en Clint by Café Barcelona optree stap Laurika Rauch daar in!!! Na die vertoning stap Laurika na hulle toe en vra of hulle nie vir haar vertonings die begeleiding wil doen nie. Dit was die begin van die lekkerste 3 jaar van sy lewe. In die tyd vra sy hom of hy nie vir haar n song wil skryf nie. Nie net het hy vir haar n song geskryf nie, hy het hom so geskryf dat sy dit saam met hom sing. “ Beste Vriende” is toe gebore. Saam met haar het hulle venues soos “ The Royal Albert Hall” en “Wembly” in Engeland gespeel as ook elke groot teater in ons land. Staatsteater, Artscape, Sand du Plessis ens. Gedurende hierdie tyd stel hy sy tweede album “ Donkerkant” vry. In hierdie album se hy dankie aan sy grootste inspirasie Koos Kombuis. Hy neem ook drie van Koos se songs op. “Parranoia” , die legendariese “Johnny” en n reggae weergawe van “ Lisa se Klavier”. Donkerkant is n lekker harde rock album met een ballade wat baie goed vir hom gedoen het “ Ek roep jou naam”. Die liedjie is onder andere ook opgeneem deur Theuns Jordaan, Laurika Rauch & Christiaan Kritzinger. Net nadat Wouter se album “Sonder jou” vrygestel is bel Dozi hom. “ Woutie ek wil vier van jou songs van die album opneem” . Hy het nog so by homself gedink, is dit nie bietjie baie nie, maar in elk geval. Hy het ook nog n song vir hom voorgele “ Kom n bietjie binne” wat die titelsnit van sy album geword het. Dozi het ook “Pretoria Prinses” , “Soutsmaak” , “As ek verlief raak” en “Sonder Jou” opgeneem. Hy moet erken dit was nogal n draaipunt in sy loopbaan. Danksy Dozi het soveel meer mense sy baby’s gehoor en hy sal hom altyd dankbaar wees daaroor. Hy het nou so baie navrae vir songs hy kan nie by bly nie. Vir agt jaar was hy ook betrokke by die ATKV se “Ligte Liedjie Werkskool. Met Crescendo wat nou net n kreatiewe kompetiese is kry hulle die top nuwe liedjie skrywers en doen n werkswinkel met hulle. Lize Beeckman, Karin Hougaard en Wouter is die hoofaanbieders en dan kry hulle nog gas sprekers in om met die kinders te praat. Daar is n baie groot gaping tussen die liedjie skrywer en ons uitvoerende kunstenaars. Met die het hy agtergekom hoe groot aanvraag daar is na goeie songs. Wouter is ook tans deel van die groep " SES SNARE " saam met Mathys Roets , Mel Botes , Blackie Swart, Leon Ecroignard, Thean Kotze, Pieter Smith, MD Greyling & Peter Hoven wat groot opslae in die Suid - Afrikaanse mark maak en die gehore by alle groot feeste en teaters vermaak met hulle uitstekende weergawes van gewilde rock treffers soos Call me the Breeze, Crazy little thing called love en Hotel California & Sultans of Swing. Sting se meesleurende Roxanne en Eric Clapton se Tears in Heaven is van die ander hoogtepunte in die konsert. Produksies tans: Ses Snare Karoo My Vallei STOK 

 

Wouter van de Venter

 

Bespreek Wouter van de Venter​: anita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869