Wynand & Cheree

Back to Artists page


 

Wynand & Cheree

 

Bespreek Wynand & Chereeanita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869

 

Ons Sing In DuetKykNet Jukebox Treffers DVD Volume 4100 Oorspronklike Afrikaanse Treffers Volume 5Wynand & Cheree Dvd Met Musiekvideos

 

Chereé se eerste Afrikaanse opname, “Dertig Dae In Die Somer”, is steeds ‘n treffer – ‘n uitbeelding van haar sensitiewe en romantiese kwaliteit as kunstenaar. Kunstenaar kan ons haar na regte noem, want nie alleen kan sy sing nie, maar sy is ook ‘n talentvolle musikant in eie reg. Sy speel graag kitaar en klavier. Chereé bly en is steeds ‘n gewilde kunstenaar wat met ‘n sekere argeloosheid rigiede grense oorskry.Sy is vars, oorspronklik en steeds verrassend. Haar musiek is ‘n spieëlbeeld van haar lewe – SORGVRY, GELUKKIG en VEELSYDIG! Wynand se goue album, Hoekom, was in 2005 vrygestel en die treffer, Katrina, het hom oornag alombekend gemaak. Die noodlot het sy sin gekry en Wynand was gedwing om die onderwys vaarwel te roep om ‘n loopbaan in musiek uit te kerf. Hy het nog nooit terug gekyk nie! Verskeie albums het gevolg, onder andere Koos Wie?, wat ‘n samestelling van die musiek van Koos du Plessis en Koos Kombuis is, terwyl die duet album, Dit is ons Lewe, met sy liefling, Chereé, baie gewild is by gehore. Die paartjie is onlangs getroud en beplan opwindende dinge vir die toekoms, hou hulle maar dop! Wynand Strydom neem sy gehoor op ‘n musikale reis met sy diep-, donker-, rasperstem en eerlike interpretasies. Wynand kan bespreek word vir enige okkasie en beloof om ‘n groot sukses by enige tipe gehoor te wees. 

 

Wynand & Cheree

 

Bespreek Wynand & Chereeanita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869