Quentin Prinsloo

Back to Artists page


 

Quentin Prinsloo

 

Bespreek Quentin Prinslooanita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869

 

iTunes Quentin Prinsloo

 

Reen Oor My Quentin PrinslooJy DIe Heeltyd Quentin PrinslooIn Hart En Siel Quentin PrinslooSe DIt Weer Quentin PrinslooAfrikana Quentin Prinsloo

 

Quentin Prinsloo het reeds ‘n duidelike voetspoor op die Suid-Afrikaanse Musiekbedryf se spreekwoordelike yellow brick road getrap, en sy nuutste album, Reën Oor My, bewys dat hy met elke nuwe treë vorentoe, nader aan die hoogste kruin kom. Op Reën Oor My, wat 11 uitstekend-gepoetste liedjies bevat, is dit duidelik dat Quentin sy eie stem en styl gevind het. (So van stem gepraat: Quentin se vokale vernuf op die album is meesterlik.) Die knap speellys is ‘n deurdagte en gebalanseerde snoering met fyn balans tussen energieke ritmes en roerende ballades. Die album weergalm van luistervriendelike, kontemporêre genot. Quentin se aandag aan detail is verblydend in so ‘n jong kunstenaar en spreek van professionaliteit. Hy maak slegs van die room gebruik wanneer hy ‘n projek aanpak, want niks minder as die beste is goed genoeg vir die aantreklike donkerkop man nie. Quentin self het sy hand op papier gesit om dié top CD daar te stel, en verder gebruik gemaak van o.a die behendige eksperts Rudi Claase, Fredi Nest, Charne Grabie en Godfrey Conradie vir toorwoorde, terwyl Werner Beukes nie alleen vir ‘n paar liedjies verantwoordelik was nie, hy het ook ‘n stewige hand in die hele produksie. Quentin het homself reeds as ‘n veelsydige en uiters talentvolle kunstenaar bewys. In 2009 was hy te sien in die treffer tienerfliek Bakgat, en hy en Albert de Wet was verantwoordelik vir die temalied. Hy was ook al aanbieder op Fiesta, gaskunstenaar op elkeen van die top TV shows, en sy musiekvideos vier hoogty. Tussendeur lewer hy sowat 200 vertonings per jaar waar hy gehore op hul voete het, en dink maar aan ‘n kunstefees en hy was daar. Hy weet nie van stilsit nie ... Kenmerkend aan die besondere man se musiek, is Reën Oor My ook nie generasie-gebonde is nie. Hy het die wenresep gevind om die hele spektrum te vermaak – en dit behoorlik te doen sodat almal tevrede voel. Hy kan gatskop, rock, hartsnare roer, dansvloere vul en die gehoor laat skater – en dit met ‘n verbysterende energie en egtheid. Hy verdien staande applous. Reën Oor My is ‘n kragtoer waarmee Quentin na die volgende vlak gaan beweeg. Die goue- en platinum toekennings aan die einde van die musiekreënboog is in sig vir die dromer wat daarin slaag om te DOEN. 

 

Quentin Prinsloo

 

Bespreek Quentin Prinslooanita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869