Ghapi

Back to Artists page


 

Ghapi

 

Bespreek Ghapianita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869

 

iTunes Ghapi

 

Ghapi III Drie 3Die Diep Kant In GhapiWie Ek Is GhapiRock It Volume 1 GhapiRocking Buddies Dozi Ghapi Mark HazeMy Musical Boardroom

 

 n Tromspeler wat sing? Ja, raar maar waar! Ghapi is die groot man, met die groot stem, met die groot bos hare, wat sy groot tromstel aan die brand slaan! Ghapi is in Januarie 2005 aan die publiek bekend gestel en het vinnig 'n reputasie met sy vierman groep opgebou as die nuwe Afrikaanse rock sensasie. Ghapi se uitsonderlike vermoeë om met die gehoor te kommunikeer en hul te betrek by sy vertoning, plaas sy optrede in 'n ander klas. Ghapi het reeds drie nommer een treffers gehad: In die diepkant in, Ek wil jou hê en Dis net jy. Ghapi behaal ook nommer vyf op Kovsie FM met I Like It, die snit Wens het nommer ses behaal op O – FM en Dis net jy behaal nommer agt op Bay – FM. Ghapi is nie 'n nuwe gesig in die musiekindustrie nie. Hy het ses en twintig jaar se ondervinding agter die blad. Meeste mense het Ghapi tussen 1989 en 2004 leer ken as die sanger en tromspeler van die groep Georgia. Ghapi het sy eerste CD, In Die Diepkant In, gedurende KKNK 2005 vrygestel. 'n Groot verskeidenheid van die snitte op die CD word landwyd oor radiostasies gespeel, en selfs 'n Duitse radiostasie het dit goed gedink om van die liedjies op hul speellys te plaas. Ses van Ghapi se musiekvideo's is huidiglik te sien op MK89 en kykNET. Sy eerste DVD, ook genaamd, In Die Diepkant In, is Maart 2007 vrygestel. Die nuwe CD, Wie Ek Is . . . is 28 Junie 2008 by Innibos Kunstefees vrygestel. Die naam Ghapi is afkomstig van Philip se bynaam, Guppy. As baba was Ghapi geweldig lewendig en het sy pa hom na die bedrywige vissie vernoem. "My nuwe naam moet so eg aan my wees soos my bos hare, en wat beter as my bynaam? Ek het die spelling aangepas sodat dit 'n unieke woord is." Ghapi se naam het van Sondag 26 Augustus 2006 gereeld in die media verskyn. Ghapi was die skrywer en komponis van die liedjie Idol wat deur die wenner van Idols, Dewald Louw gesing word. Ghapi is nie net 'n sanger, skrywer, komponis en tromspeler van formaat nie, maar bestuur ook sy eie platemaatskappy, Rock Till You Drop Records. Die CD en DVD, In Die Diepkant In, is deur die maatskappy vrygestel. Geskiedenis Ghapi se loopbaan het in 1983 begin as deel van die familiegroep, Love Corporation. In 1989 stig die drie broers af, en Georgia sien die lig. Georgia het vinnige 'n reputasie opgebou as een van Suid - Afrika se mees veelsydige musiekgroepe. Hulle was nie net bekend vir hul uitstaande publieke optredes nie, maar word ook hooggeag as indivuduele sessie musikante. Vanaf 1989 het Ghapi as lid van Georgia by 'n verskeidenheid van nagklubs en vakansie oorde opgetree. Ghapi was ook gedurende 2006 deel van Huisgenoot 90: Die Konsert ! saam met Pedro Kruger, Bobby van Jaarsveld, Emo Adams, David Fourie, Bianca le Grange, Jolette Odendaal en Suzanne. Daar was 30 vertonings aangebied deur die loop van die jaar reg oor Suid - Afrika.

 

Ghapi

 

Bespreek Ghapianita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869