Cordelia

Back to Artists page


 

Cordelia

 

Bespreek Cordeliaanita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869

 

iTunes Cordelia

 

Een Uit N Miljoen Cordelia

100 Oorspronklike Afrikaanse Treffers Volume 5

 

Vir dekades reeds lewer Suid-Afrika top gehalte Afrikaanse musiek wat spreek tot die hart van die mense in ons land. Afrikaanse musiek is sonder twyfel een van die mees kardinaal-belangrike aspekte van kultuur in ons land danksy die lojaliteit wat luisteraars van al vier windrigtings daarteenoor toon. Ons het tot op hede al verskeie groot legendes opgelewer en die tradisie van goeie kwaliteit musiek met aangrypende, nostalgiese lirieke wat die hart aanraak leef voort. Met trots stel ons in 2014 ‘n splinternuwe album bekend uit die pen van Cordelia - ‘n album wat ongetwyfeld haar baan gaan oopkerf en haar eendag ook ‘n Suid-Afrikaanse legende in eie reg sal maak. Cordelia, bekend vir haar engelstem, hart vir mense en beeldskoonheid stel hierdie jaar ‘n nuwe album, EEN UIT ‘N MILJOEN bekend en ons glo dat hierdie album, ‘n produk van 2 jaar se harde werk en toewyding, die Afrikaanse musiek landskap gaan verander. Cordelia is ‘n kunstenaar in daad en woord – nie net skryf sy haar eie musiek en lirieke nie, maar sy is ook bekwaam as musiekvervaardiger. Met haar aangrypende energie en lus vir die lewe sal haar polsende Country-styl ritmes ‘n blywende indruk maak op enigiemand wat haar ontmoet. Die werk op hierdie album kom uit haar hart, en deur haar musiek vertel sy die storie van haar eie lewe – een wat nie altyd maklik was nie en wat soms ‘n paar harde lesse vorendag gebring het. Tog is haar musiek, soos Cordelia self gevul met boodskappe van liefde, geluk, uithou, aanhou, geloof en hoop. Die kompetisie in die musiekbedryf is deesdae strawwer as ooit tevore, en kunstenaars voel konstant die druk om met nuwe, vars klanke en idees vorendag te kom. Cordelia is ‘n meester op die gebied van nuwe skeppings. Die album bestaan uit 12 snitte, hoofsaaklik uit die pen van Cordelia self. EEN UIT ‘N MILJOEN vat jou op ‘n reis deur ‘n verskeidenheid lewenslesse, ligte lekker-luister oomblikke en natuurlik ook dieper emosies met treffers soos die hartroerende “Mal In Jou Kop”, die aangrypende ‘’Nuwe Begin” sowel as die reeds bekende “Hartsbegeertes”. Laasgenoemde is die titelsnit van die 2013 film Hartsbegeertes wat onlangs aangewys is as die grootste verkoper in die Gospel DVD mark in SA vir die jaar. Die album bevat ook ‘n duet met Rudi Claase getiteld Klein Karoo. Daar is geen twyfel dat Cordelia die jong talent is waarvoor SA gewag het nie. Hierdie album is die eerste van vele mylpale en met groot opgewondenheid weet ons dat daar vir Cordelia ‘n lang, suksesvolle pad voorlê in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. EEN UIT ‘N MILJOEN is tans landwyd beskikbaar in toonaangewende musiekwinkels. 

 

Cordelia

 

Bespreek Cordeliaanita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869