Amore Rudman

Back to Artists page


 

Amore

 

Bespreek Amoreanita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869

 

 

Kamermuur AmoreDesember Liefde AmoreWys My Jou Hart Amore

 

 

 

Bok Radio Top 40 AmoreDie Grootste Afrikaanse Sokkie Volume 8

 

Amoré is op 3 September 1987 in Panorama Hospitaal in die Wes-Kaap gebore. Sy was in Panorama Laerskool waar sy op die leerlingraad gedien het. Sy het gematrikuleer by Hoërskool DF Malan waar sy in Netbal uitgeblink en haar provinsiale kleure in 2005 verwerf het. Amoré het alreeds op Hoërskool vir die bekende Platemaatskappy Select Musiek opnames gedoen vir verskeie “kompilasie-CD's”.

               

                    

 

Haar liedjies verskyn op Hot Summer mix 2005 en 2006 & Hot Winter mix 2005 en 2006, Bakgat 3, Langarm Danstreffers en Gee Vet om 'n paar te noem! Haar weergawe van onder andere “What a Feeling” en “Wie is jy?” (tans op haar CD “Vervaarding in Suid-Afrika”) is baie gewild by dansklubs.

 

Sy was ‘n Burger Plusster-finalis en het gedurende die 2005/2006 vakansieseisoen saam met Nicholis Louw, Hi-5 en die ander Plussterre getoer en opgetree in verskeie kusdorpe vanaf Oos-Londen tot in Langebaan voor gehore van tussen 600 en 1500 mense.

 

                    

 

Sedert Januarie 2006 het sy haar voltyds op haar sangloopbaan gerig. Nic Stevens, een van die Snyman broers, het haar talent raakgesien en het sy verskeie optredes saam met hom gedoen. Amoré is deesdae ‘n gereelde en gewilde gesig by feeste regoor die land en is sy bekend daarvoor om gehore aan die gang te kry.

 

Sy het al voorvertonings vir Kurt Darren, Bobby van Jaarsveld, Thys die Bosveldklong en Fredi Nest gedoen. Sy tree tans gereeld op by kuierplekke in die Kaapse Skiereiland en Wes-Kaap sover as George, Mosselbaai, Clanwilliam en Vredendal. Sommige plekke bespreek haar tot ‘n jaar vooruit om seker te maak dat sy gereeld by hulle optree.

 

                                         

 

In die laaste kwartaal van 2007 het sy ‘n CD opgeneem met die naam “Vervaardig in Suid-Afrika”. Die CD bevat 8 Afrikaanse liedjies en 6 Engelse liedjies waarvan 11 liedjies oorspronklik is. Amore het gedurende 2010 deel geraak van Vonk Musiek Platemaatskappy en haar CD's “ Kamermuur” en "Desember Liefde" is tans op die rake beskikbaar.

Wees ook op die uitkyk vir die Musiek Videos van “Maybe” en "Dis Lekker By Die See" wat ook onlangs vrygestel is.

 

Bespreek Amoreanita@bluedivision.co.za or 076 486 5050 / 074 026 4869